Next
Previous

’n Moet vir jou gemoedrus

‘Lewensversekering is iets waaraan talle mense eerder nie wil dink nie,” sê mnr. Laurence Hillman, besturende direkteur van 1Lifedirect, Suid-Afrika se eerste direkte lewensversekering-verskaffer. “Party mense sien dit as ’n moet, vir ander is dit ’n luukse wat gedebatteer kan word.” Die laasgenoemde kan nie verder van die waarheid wees nie.

“Lewensversekering is ’n moet. Dit is ’n manier om die finansiële welstand van jou familie te beskerm en seker te maak hulle is veilig wanneer die ergste sou gebeur. Lewensversekering help ook om die skuld wat jy agter laat, te dek.

As jy ’n gesin het wat van jou afhanklik is, het jy lewensversekering nodig. Ook as jy skuld, soos ’n huislening, studieskuld of motorskuld het, is lewensversekering noodsaaklik,” sê hy.

Wat is die beste manier om versekering te koop?

Moet ’n mens direk koop, of is dit beter om van ’n makelaar gebruik te maak? Dié debat word al baie lank in korttermyn-versekeringskringe gevoer.

Met die bekendstelling van 1Lifedirect, Suid-Afrika se eerste volwaardige direkte lewensversekeraar, word dié bespreking nou ook ten opsigte van die langtermynversekerings mark gevoer.

Hoekom is direkte lewensversekering so gewild by Suid-Afrikaanse kliënte? 1Life-direct glo sy sukses is aan die volgende faktore te danke is:

  • Dis ’n verfrissende alternatief. Kliënte was moeg vir die swak diens wat hulle in die gevestigde lewensversekeringsbedryf ervaar het en was op soek na iets nuuts.
  • Besparings van tot 22%. Die koste-doeltreffendheid van versekering wat direk gekoop word, het ook bygedra tot 1Lifedirect se sukses. 1Lifedirect kan aan kliënte kleiner tariewe as ander lewensversekeraars bied, want bedryfskostes is kleiner en daar is geen kommissie nie. Die maatskappy kan dié besparings aan die kliënt oordra deur die prys van dekking te verlaag.
  • Gerief. 1Lifedirect spog dat sy kliënte binne 20 minute dekking kan reël sonder dat ’n mediese ondersoek vereis word.
  • Spoed. 1Lifedirect stel die kliënt in staat om op kostes, tyd en administrasie te spaar, want ’n kwotasie word telefoniesEenvoud. 1Lifedirect se polisboek bevat nie misleidende terminologie nie.
  • 1Lifedirect sê hy kan help as jy afhanklikes, skuld soos ’n huisverband en ’n motor het of as jy bloot op soek is na ’n eenvoudige, doeltreffende lewensversekeringsoplossing.

1Lifedirect is bereikbaar by 0860 10 54 81 of op die internet by www.1lifedirect.co.za.